Wintershande

Raad wat werk

Hoe om wintershande te voorkom en genees

Ek het jare lank las gehad van wintershande en -voete. Ek het alles onder die son probeer-maar tevergeefs! Ek het boeke gelees en die internet deursoek, dokters en apteke besoek. Ek het alle medisyne en kure wat vir wintershande aanbeveel word, probeer. Ek het rome probeer- party het vir 'n kort rukkie verligting gebring. Ek het salwe probeer - net 'n vetterige gemors. Niks het werklik gehelp nie. Steeds het ek die ongemak, jeuk, brand, rooi, swelling en pyn ondervind - winter na winter.

Ek het tablette en kapsules probeer, met geen blywende verbetering nie. Dus het ek maar handskoene begin dra van voordat die winter begin in April tot einde Augustus. Dit is ongemaklik, veral vir my wat heeldag met my hande werk. Ek het mengsels uitgetoets. Ek het pynlike inspuitings deur dokters verduur. Geen verbetering. Ek was skaam vir my rooiwors vingers, en byna raad-op!

Toe, toevallig, in die winter van 2007, ontdek ek raad wat werk! Ek het die raad letter vir letter gevolg en 'n wonderwerk beleef!! My hande het begin verbeter, en my koue rooi vingers het begin gesond word!

Ek gaan u nie verveel met die teorie agter die ontstaan van wintershande nie. Dit is in kort 'n bloedsomloop en senustelsel probleem as gevolg van sekere biochemiese tekorte in u liggaam. Wanneer u hande of voete, neus of ore en soms ander liggaamsdele aan koue blootgestel word, ontstaan eers 'n prikkeling op die vel soos wanneer 'n koorsblaar begin. Dan rooi opgehewe klein blasies of net rooi swelsels wat soms stukkend gaan en dan infeksie kan opdoen. Gedurige blootstelling aan koue vererger die toestand en baie goeie voorsorg is nodig, voor die winter reeds, om dit te voorkom.

EK BIED U DIE OPLOSSING!

Indien u belangstel om wintershande iets van die verlede te maak e-pos my by die volgende adres:

gesondheidsinfo@yahoo.com

Ek het 'n pamflet saamgestel waarin ek die raad saamvat, en sal aan u die bestellingsbesonderhede vir hierdie pamflet e-pos.

 

 

 

 

Create a free website at Webs.com